langcafe2.myfreeforum.org Forum Index langcafe2.myfreeforum.org
Come in and have your daily cup of languages!
 
 FAQFAQ   SearchSearch   MemberlistMemberlist   UsergroupsUsergroups   Join! (free) Join! (free)
 ProfileProfile   Log in to check your private messagesLog in to check your private messages   Log inLog in 

Song translations
Page 1, 2  Next
 
Post new topic   Reply to topic    langcafe2.myfreeforum.org Forum Index -> Languages -> Afrikaans/Nederlands
View previous topic :: View next topic  
Author Message
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Fri Apr 25, 2008 8:41 pm    Post subject: Song translations Reply with quote

I opened this new topic because my great passion is Afrikaans songs. I like to listen them and I like to translate them too.

Ek het 'n Afrikaans-Engels woordeboek gekoop maar dis net 'n 'practical dictionary'. Ek kan nie al die nodige woorde daarvan vind nie. Ons Fins se dat as jy arm is, moenie goedkoop koop nie. Ek het die meeste goedkoop boek gekoop en nou weet ek dat dis jammer is.

Nou vertaal ek Hanru Niemand se nuwe CD se lied 'Tot Stilte'. Dis baie mooi lied maar daar is ook baie woorde wat ek nie van my woordeboek vind kan nie. Ek sal 'n lys maak en hoop dat iemand wie kan, wil my help.

Hier kom die lys:

plascon (engels woord?)
waan
temmer
tem
draer
bronwel
oopkrap
sweepslae (pl?)
en vele ander maar ek probeer met hierdie woorde.

Algemeen dink ek dat die Afrikaanse musiek deesdae baie ryk en kragtig is. Niemand soos dit word ander lande gevind nie.

_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Sun Apr 27, 2008 6:11 pm    Post subject: Re: Song translations Reply with quote

Sandman wrote:
I opened this new topic because my great passion is Afrikaans songs. I like to listen them and I like to translate them too.

Ek het 'n Afrikaans-Engels woordeboek gekoop maar dis net 'n 'practical dictionary'. Ek kan nie al die nodige woorde daarvan vind nie. Ons Fins se dat as jy arm is, moenie goedkoop koop nie. Ek het die meeste goedkoop boek gekoop en nou weet ek dat dis jammer is.

Nou vertaal ek Hanru Niemand se nuwe CD se lied 'Tot Stilte'. Dis baie mooi lied maar daar is ook baie woorde wat ek nie van my woordeboek vind kan nie. Ek sal 'n lys maak en hoop dat iemand wie kan, wil my help.

Hier kom die lys:

plascon (engels woord?)
waan
temmer
tem
draer
bronwel
oopkrap
sweepslae (pl?)
en vele ander maar ek probeer met hierdie woorde.

Algemeen dink ek dat die Afrikaanse musiek deesdae baie ryk en kragtig is. Niemand soos dit word ander lande gevind nie.

Ek hou baie van jou Afrikaans!  

plascon (engels woord?) = plascon is the name of a brand of paint, so it can be used in Afrikaans and English, the song writer simply means "paint", but has used this (very well known) brand name to indicate it
waan = delusion
temmer = tamer (as in lion tamer)
tem = to tame
draer = carrier
bronwel = spring
oopkrap = to scratch open (litt. also used in the meaning of to unveil something eg. a secret through investigation, or bring back old memories by saying something)
sweepslae = whip lashes (pl. singular would be sweepslag)
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Mon Apr 28, 2008 10:35 am    Post subject: Reply with quote

Dankie André. Ek kan altyd op jou vertrou.
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Sun May 11, 2008 11:39 am    Post subject: Reply with quote

Hier is die lirieke vir die Hanru Niemand se lied 'Tot stilte'. Ek sal binnekort hiervan vertaal begin. Die lirieke lyk om nogal moielik te wees. Is dit 'n fout wanneer ek vertaal 'ek raai jou aan tot stilte' soos 'I am advicing you to be in silence/carefully'?

jy skryf jou woorde neer jou woorde van papier
skryf op verbrokkelende blaaie
jy skryf jou woorde neer jou woorde in die waan
van roem op plascom dirt resistant mure

jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
jy is die temmer van wilde diere
maar as wat jy met jou rym wil tem jou
sweepslae ignoreer, wat dan?
my vriend ek raai jou aan tot stilte

hulle neem waar met arendsoë en die
ore van ‘n wolf
daar’s geen manier om te ontsnap nie
en as jy jou spoor uit trap sal hulle jou verskeur
my vriend ek raai jou aan tot stilte

jy’s moers begeerlik as jy in die straat af stap
jy is die draer van luukse woorde
misterieus boheems, met die wysheid van die hart
in pag, en die bewondering van vroue

maar, vanwaar die hartseer wat so om jou oë span
is dit die bronwel van jou woorde?
is dit die seer wat jy so digterlik oopkrap?
my vriend ek raai jou aan tot stilte

want daar is sere wat soos mure is en onoorkomlik is
daar’s geen manier om te ontsnap nie
en daar’s sere wat mens stelsematig
uitmekaar uit skeur
my vriend ek raai jou aan tot stilte

terug na die woorde van matrose
sit maar in ‘n coffee shop en vloek
bestel maar soos ‘n mens ‘n koppie koffie
kry vir jou nog koek

o, martelaar, o martelaar, gemartel in jou kuns
jy’s tog so edel tog so stupid
kyk tien dae later het hul jou alreeds vergeet
en die storie van jou lewe is afwesig

want hulle gee nie einlik om nie,
dit is alle om’t ewe
al was hul vir ‘n wyl verruk
maar as jy sonder woorde iut die doderyk sou keer dan
draai hulle sonder meer die rug

_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Sun May 11, 2008 5:48 pm    Post subject: Reply with quote

Yes "ek raai jou aan tot stilte" is translated as "'I am advicing you to be in silence" or better: "I am advising you to be silent".
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Fri May 16, 2008 7:41 pm    Post subject: Reply with quote

Ek het met die liedjie 'Tot stilte' begin. Soos ek gese het is dit song nogal moeilik om te vertaal. 'n Ander moeilike ding is dat Engels nie my moedertaal is nie. Dit sou makliker wees om van Afrikaans tot Fins te vertaal maar niemand kon hier my verstaan nie. Ek kan nie al die sindeele in goed Engels skryf nie. Albei is vreemde tale vir my.

jy skryf jou woorde neer jou woorde van papier
You write down your words on a paper

skryf op verbrokkelende blaaie
Write down on ripped sheets

jy skryf jou woorde neer jou woorde in die waan
You write your words down your deluted words

Ek sal later voortgaan...
van roem op plascom dirt resistant mure
of the glory on plascom dirt resistant walls

jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
You are the pet of the crowd in the circus of your heart

jy is die temmer van wilde diere
You are the tamer of the wild animals

maar as wat jy met jou rym wil tem jou
but if
sweepslae ignoreer, wat dan?

(dis te moeilik om te verstaan )
my vriend ek raai jou aan tot stilte
My friend, I am advicing you to be silent

Ek sal later voortgaan...
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.

Last edited by Sandman on Mon May 19, 2008 7:26 am; edited 1 time in total
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Sun May 18, 2008 10:17 pm    Post subject: Reply with quote

Jy doen uitstekend sover! You've done excellent so far!

I was especially impressed by your translation of this line:

Quote:
jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
You are the pet of the crowd in the circus of your heart

A very good idiomatic translation.

Quote:
maar as wat jy met jou rym wil tem jou
but if
sweepslae ignoreer, wat dan?

But if that which/whom you are trying to tame, ignore your whip lashes, then what?

(If someone uses harsh words, we in Afrikaans describe those words as whip lashes {you hit/hurt someone with your words}. So [this person] is trying to tame someone/something, but using harsh words {whip lashes}, and not getting the effect he wants. Then what will he do?

Just returned from a weekend away, and pretty tired, but will comment more on your translation tomorrow. Maar goeie werk tot dusver!
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Mon May 19, 2008 7:26 pm    Post subject: Reply with quote

André in Zuid-Afrika wrote:
Quote:
jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
You are the pet of the crowd in the circus of your heart

A very good idiomatic translation.

Thank you! The dictionary gave also 'darling' for 'liefling' but there was also that 'pet'. I thought it woud describe better the meaning in this special occasion.

Quote:
maar as wat jy met jou rym wil tem jou

sweepslae ignoreer, wat dan?

But if that which/whom you are trying to tame, ignore your whip lashes, then what?

Well, now it looks very simple. I just gave up too easy.

By the way, does 'mooi bly' mean something more than these two words? I had a conversation with an Afrikaans person who had translated those words straight in to Finnish and asked if she had wrote them right. Unfortunately they mean in Finnish nothing.
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Mon May 19, 2008 8:05 pm    Post subject: Reply with quote

Die vertaalprojek gaan weer voort.

hulle neem waar met arendsoë en die
They are observing with eagles' eyes and the

ore van ‘n wolf
ears of the wolf

daar’s geen manier om te ontsnap nie
There is no way to escape

en as jy jou spoor uit trap sal hulle jou verskeur
and if you flee out from your trails they will lacerate you

my vriend ek raai jou aan tot stilte
My friend, I am advicing you to be silent

Hierdie tweede vers was 'n bietjie makliker as die eerste.
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Mon May 19, 2008 9:38 pm    Post subject: Reply with quote

Sandman wrote:
André in Zuid-Afrika wrote:
Quote:
jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
You are the pet of the crowd in the circus of your heart

A very good idiomatic translation.

Thank you! The dictionary gave also 'darling' for 'liefling' but there was also that 'pet'. I thought it woud describe better the meaning in this special occasion.

Quote:
maar as wat jy met jou rym wil tem jou

sweepslae ignoreer, wat dan?

But if that which/whom you are trying to tame, ignore your whip lashes, then what?

Well, now it looks very simple. I just gave up too easy.

By the way, does 'mooi bly' mean something more than these two words? I had a conversation with an Afrikaans person who had translated those words straight in to Finnish and asked if she had wrote them right. Unfortunately they mean in Finnish nothing.

Mooi bly (litt. stay well/pretty) is a way of saying goodbye (for now), and wishing you well. (Tot siens, mooi bly! Goodbye, and I hope things will go well with you, wishing you luck). Mooi = pretty/beautiful. So when I say to you "mooi bly", I'm expressing the wish that your life will be pretty/beautiful, in other words, that life will be good for you.
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Mon May 19, 2008 9:47 pm    Post subject: Reply with quote

Sandman wrote:
André in Zuid-Afrika wrote:
Quote:
jy’s die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
You are the pet of the crowd in the circus of your heart

A very good idiomatic translation.

Thank you! The dictionary gave also 'darling' for 'liefling' but there was also that 'pet'. I thought it woud describe better the meaning in this special occasion.

You're right. "Darling" would've worked too, but "pet" (in the sense of how it's used in English) just came a lot closer to what the song writer intended.
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
lisaniemand
Novice
Novice

Joined: 24 May 2008
Posts: 3

Location: South Africa

PostPosted: Sat May 24, 2008 10:10 pm    Post subject: Tot Stilte se vertaling Reply with quote

Hallo Sandman,

Ek is Hanru Niemand se aanstaande vrou en het heel toevallig afgekom op hierdie webblad. Ek sal jou graag wil help om sy musiek te vertaal veral omdat ek dink hy is werklik 'n woordkunstenaar in eie reg.

Ek stem nie met al Andre se vertalings tot dusver saam nie, maar dit is seker omdat ek die skrywer ken en weet wat hy met die lied bedoel en bedoel het. Elkeen het seker die reg op sy eie interpretasie en dit is juis wat enige kunsvorm interessant en relevant maak. Maar ek moet sê jy doen sover baie goed ek is baie beïndruk met jou taalvaardigheid.

Ek self is 'n moedertaalspreker van Afrikaans en het Engels alreeds voor skoolgaande ouderdom begin leer. As Afrikaanssprekende verstaan ek natuurlik Nederlands maklik en ek het op universiteit Duits aangeleer. Ek kan dit goed lees, redelik skryf, maar is heeltemal uit oefening met die praat daarvan.

Een van die vertalings wat ek sover onder jou aandag wil bring is die van "liefling". Hier word bedoel iemand wat 'n gunsteling van die gehoor is. Ek sou dit in Engels vertaal as: You are the crowd's favourite. Definitief nie "pet" nie.

Wag kom ek probeer die eerste vers uit my kop uit onthou en vertaal:

jy skryf jou woorde neer jou woorde van papier
itt: you write your words down, your words of paper
meaning: the artists feels that his words (message) stays on paper

skryf op verbrokkelende blaaie
litt: writing on crumbling paper
meaning: as you write it seems to disintegrate

skryf jou woorde neer jou woorde in die waan
litt:write your words down in the delusion
meaning: you write under the deluded impression

van roem op plascon dirt resistant mure
litt: of fame on plascon dirt resistant walls
meaning: plascon is a brand of paint. A few years back they had a very memorable advertisement on television of a man drawing on a wall in a french cafe. The waiter comes and cleans the wall after the man leaves. Because it is a wall painted with a plascon paint, it cleans easily. The manager comes up to him and they speak in French. Now French is not widely understood in South Africa so, we can only guess from their tone and body language that the waiter says: "Who is this idiot who drew on the wall? Luckily it is painted with "plascon velvaglo". And the waiter laughs very smugly. To which the manager replies with disappointment mixed with stereotypical French snobbery. "C'est Monsieur Picasso." The waiter is stunned and stops wiping. But now because the paint is dirt resistant, the drawing is gone forever. In the song this will mean that sometimes you create a work of art, but people out of ignorance, ignores or even destroys it. And also, it adds to the theme of the "verbrokkelende blaaie", i.e. the impermanence of the songwriter's creation.

Sjoe! Nou is ek eers moeg getik. Laat weet my of jy meer van die agtergrondkennis van die lirieke wil weet. Toe ek Duits aangeleer het, het ek gevind dat mens so baie van die ander kultuur ook te wete kom. Ek sal graag wil sien hoe jy die hele lied vertaal. Dit is voorwaar 'n prestasie om so op jou eie 'n totaal vreemde taal aan te leer.

O, en sou ook graag wou weet, hoe jy Hanru se musiek bekom het en hoe jy die eerste keer van hom gehoor het.

Alles van die beste!

Bly te kenne
Lisa
_________________
Weet dat alle rus die lewe dien - NP Van Wyk Louw
Back to top
View user's profile Send private message
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Sat May 24, 2008 10:39 pm    Post subject: Reply with quote

Hallo Lisa

Aangename kennis! Jy kan miskien sien dat ek nie Afrikaans baie goed kan nie. Maar ek probeer hard om te leer. Jy het baie vrae gestel en ek sal later daaraan antwoord. Maar ek wil antwwoord aan die vraag hoe ek die eerste van hom gehoor het. Ek het die 'Genoeg is genoeg' CD met protesliedjies gekoop. En daar het ek Hanru se weergawe van Sarie Marais gehoor en later die 'Tot stilte' CD gekoop.
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Sat May 24, 2008 11:44 pm    Post subject: Re: Tot Stilte se vertaling Reply with quote

lisaniemand wrote:
Hallo Sandman,

Ek is Hanru Niemand se aanstaande vrou en het heel toevallig afgekom op hierdie webblad. Ek sal jou graag wil help om sy musiek te vertaal veral omdat ek dink hy is werklik 'n woordkunstenaar in eie reg.

Ek stem nie met al Andre se vertalings tot dusver saam nie, maar dit is seker omdat ek die skrywer ken en weet wat hy met die lied bedoel en bedoel het. Elkeen het seker die reg op sy eie interpretasie en dit is juis wat enige kunsvorm interessant en relevant maak.

Hallo Lisa!

Baie welkom hier! Ek sal die eerste wees om te erken dat my vertalings nie presies was wat Hanru bedoel het nie, ek ken nie sy musiek nie, my vertalings was suiwer taalkundig, so ek is baie bly jy is hier! Ten opsigte van Hanru se musiek, sal jy dus baie beter kan help as ek. Terloops, ek het Hanru al gehoor sing, en ek hou daarvan!!! Is ek reg dat julle in Bloemfontein is/was?

Groetnis

Andre

Quote:
Maar ek moet sê jy doen sover baie goed ek is baie beïndruk met jou taalvaardigheid.

Ek self is 'n moedertaalspreker van Afrikaans en het Engels alreeds voor skoolgaande ouderdom begin leer. As Afrikaanssprekende verstaan ek natuurlik Nederlands maklik en ek het op universiteit Duits aangeleer. Ek kan dit goed lees, redelik skryf, maar is heeltemal uit oefening met die praat daarvan.

Een van die vertalings wat ek sover onder jou aandag wil bring is die van "liefling". Hier word bedoel iemand wat 'n gunsteling van die gehoor is. Ek sou dit in Engels vertaal as: You are the crowd's favourite. Definitief nie "pet" nie.

Wag kom ek probeer die eerste vers uit my kop uit onthou en vertaal:

jy skryf jou woorde neer jou woorde van papier
itt: you write your words down, your words of paper
meaning: the artists feels that his words (message) stays on paper

skryf op verbrokkelende blaaie
litt: writing on crumbling paper
meaning: as you write it seems to disintegrate

skryf jou woorde neer jou woorde in die waan
litt:write your words down in the delusion
meaning: you write under the deluded impression

van roem op plascon dirt resistant mure
litt: of fame on plascon dirt resistant walls
meaning: plascon is a brand of paint. A few years back they had a very memorable advertisement on television of a man drawing on a wall in a french cafe. The waiter comes and cleans the wall after the man leaves. Because it is a wall painted with a plascon paint, it cleans easily. The manager comes up to him and they speak in French. Now French is not widely understood in South Africa so, we can only guess from their tone and body language that the waiter says: "Who is this idiot who drew on the wall? Luckily it is painted with "plascon velvaglo". And the waiter laughs very smugly. To which the manager replies with disappointment mixed with stereotypical French snobbery. "C'est Monsieur Picasso." The waiter is stunned and stops wiping. But now because the paint is dirt resistant, the drawing is gone forever. In the song this will mean that sometimes you create a work of art, but people out of ignorance, ignores or even destroys it. And also, it adds to the theme of the "verbrokkelende blaaie", i.e. the impermanence of the songwriter's creation.

Sjoe! Nou is ek eers moeg getik. Laat weet my of jy meer van die agtergrondkennis van die lirieke wil weet. Toe ek Duits aangeleer het, het ek gevind dat mens so baie van die ander kultuur ook te wete kom. Ek sal graag wil sien hoe jy die hele lied vertaal. Dit is voorwaar 'n prestasie om so op jou eie 'n totaal vreemde taal aan te leer.

O, en sou ook graag wou weet, hoe jy Hanru se musiek bekom het en hoe jy die eerste keer van hom gehoor het.

Alles van die beste!

Bly te kenne
Lisa

_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
lisaniemand
Novice
Novice

Joined: 24 May 2008
Posts: 3

Location: South Africa

PostPosted: Mon May 26, 2008 12:31 pm    Post subject: Bloemfontein Reply with quote

Quote:
Hallo Lisa!

Baie welkom hier! Ek sal die eerste wees om te erken dat my vertalings nie presies was wat Hanru bedoel het nie, ek ken nie sy musiek nie, my vertalings was suiwer taalkundig, so ek is baie bly jy is hier! Ten opsigte van Hanru se musiek, sal jy dus baie beter kan help as ek. Terloops, ek het Hanru al gehoor sing, en ek hou daarvan!!! Is ek reg dat julle in Bloemfontein is/was?

Groetnis

Andre

Hallo André

Ja, Hanru het op Bloemfontein studeer (2006-2007). Hy kom oorspronklik van die Paarl en het op Stellenbosch voorgraads studeer. Ek is nogsteeds op Stellenbosch. Ek maak vanjaar na sewe jaar klaar!

So vir so twee jaar was Hanru 'n Vrystater en hy mis nou nogal vir Bloemfontein al het sy hart met 'n punt Kaap toe getrek. Tans woon hy op Malmesbury waar hy sy gemeenskapsdiensjaar doen.

Woon jy op Bloemfontein? Is dit waar jy hom hoor sing het?

Interessante forum, doen so voort![/quote]
_________________
Weet dat alle rus die lewe dien - NP Van Wyk Louw
Back to top
View user's profile Send private message
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Tue May 27, 2008 10:50 pm    Post subject: Re: Tot Stilte se vertaling Reply with quote

lisaniemand wrote:
van roem op plascon dirt resistant mure
litt: of fame on plascon dirt resistant walls
meaning: plascon is a brand of paint. A few years back they had a very memorable advertisement on television of a man drawing on a wall in a french cafe. The waiter comes and cleans the wall after the man leaves. Because it is a wall painted with a plascon paint, it cleans easily. The manager comes up to him and they speak in French. Now French is not widely understood in South Africa so, we can only guess from their tone and body language that the waiter says: "Who is this idiot who drew on the wall? Luckily it is painted with "plascon velvaglo". And the waiter laughs very smugly. To which the manager replies with disappointment mixed with stereotypical French snobbery. "C'est Monsieur Picasso." The waiter is stunned and stops wiping. But now because the paint is dirt resistant, the drawing is gone forever. In the song this will mean that sometimes you create a work of art, but people out of ignorance, ignores or even destroys it. And also, it adds to the theme of the "verbrokkelende blaaie", i.e. the impermanence of the songwriter's creation.
Lisa

Natuurlik! Hoe kon ek dit miskyk!! Ek onthou daai ad so goed. Die verwysing na Plascon maak nou baie meer sin.
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
André in Zuid-Afrika
Site Admin
Site Admin

Joined: 19 Aug 2006
Posts: 1908

PostPosted: Tue May 27, 2008 10:53 pm    Post subject: Re: Bloemfontein Reply with quote

lisaniemand wrote:

Hallo André

Ja, Hanru het op Bloemfontein studeer (2006-2007). Hy kom oorspronklik van die Paarl en het op Stellenbosch voorgraads studeer. Ek is nogsteeds op Stellenbosch. Ek maak vanjaar na sewe jaar klaar!

So vir so twee jaar was Hanru 'n Vrystater en hy mis nou nogal vir Bloemfontein al het sy hart met 'n punt Kaap toe getrek. Tans woon hy op Malmesbury waar hy sy gemeenskapsdiensjaar doen.

Woon jy op Bloemfontein? Is dit waar jy hom hoor sing het?

Interessante forum, doen so voort!

Dog so! Jy kan my fliek toe vat as ek kan onthou waar ek Hanru gehoor sing het, maar ek kan onthou ek het. Mystic, dalk? Of op die Volksblad-fees, meer waarskynlik. Ja, tot 'n jaar gelede het ek in Bloem gewoon.

IN Bloem, dis 'n stad darem (ook maar net-net, maar darem )

Ek's bly jy hou van die forum, gesels asb. saam oor die ander onderwerpe, dit sal lekker wees as nog 'n Suid-Afrikaner saam gesels!

(So 'n bietjie op die net gelees oor Hanru vandag.... NOTA AAN SELF: Kom op hoogte van goeie Afrikaanse musiek...)
_________________
Toe ek jonk was, het ek al die antwoorde geken. Nou verstaan ek nie eens die vrae nie.
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail MSN Messenger
lisaniemand
Novice
Novice

Joined: 24 May 2008
Posts: 3

Location: South Africa

PostPosted: Wed May 28, 2008 11:35 am    Post subject: Nog 'n vers vertaal Reply with quote

Hier is die volgende vers:

jy's die liefling van die skare in die sirkus van jou hart
you're the favourite of the crowd in the circus of your heart

jy is die temmer van wilde diere
you are the tamer of wild animals

maar as wat jy met jou rym wil tem jou sweepslae ignoreer, wat dan?
but if that what you want to tame (tem) with your rhyming (rym) ignore your whiplashes, what then?

sweep = whip
"slae" is die meervoud van "slag" (blow)
In the sense of "jy kry slae" it means to get a beating (literally and figuratively, for example one could say that a sports team that did not play well, "het slae gekry")

"wat dan" is used very idiomatically here: it connotes "and what will happen then?" or "what will you do then?"

my vriend ek raai jou aan tot stilte
my friend, I advise you to keep quiet

"aanraai" - deelbare werkwoord (trennbares Verb - do not know what that is in English
means advising, but informally and sarcastic as used here - when someone uses the word he is not hopeful of the outcome

Note the form of the verb depending on the tense:

Present Tense: Ek raai jou aan om die bespreking te bevestig.
(I advise you to confirm the booking.)

Used with auxilarry verb: Ek [/b]sal[b] jou aanraai om eers die bespreking te bevestig.
(I would advise you to first confirm the booking.)

Past Tense: Ek het hom aangeraai om die bespreking te bevestig.
(I advised him to confirm the booking.)

Wat die hele vers bedoel het ek Hanru nog nie pertinent oor uitgevra nie, maar ek dink die sirkusbeeld wat hier gebruik word is veronderstel om daarop te dui dat die gehoor soms van 'n kunstenaar verwag om pure vermaak te verskaf. Maar weereens kan mens nie altyd alles met jou "rym tem" nie.

Sal ander dag nog 'n vers vertaal.

Tot later
_________________
Weet dat alle rus die lewe dien - NP Van Wyk Louw
Back to top
View user's profile Send private message
Sandman
Novice
Novice

Joined: 13 Apr 2008
Posts: 33

Location: Finland

PostPosted: Sat Jun 14, 2008 8:42 pm    Post subject: Reply with quote

Now that I have moved my lazy ass here again I am going to continue translating the lyrics of Tot Stilte.

jy’s moers begeerlik as jy in die straat af stap
You are desirable when you step out of the street???

jy is die draer van luukse woorde
You are the carrier of the luxury words

misterieus boheems, met die wysheid van die hart
Mystery boheems with the wisdom of the heart

in pag, en die bewondering van vroue
???, and the admiration of the ladies.

En die volgende vers:

maar, vanwaar die hartseer wat so om jou oë span
but, where comes that sorrow form which strech on your eys

is dit die bronwel van jou woorde?
is this the spring of your words?

is dit die seer wat jy so digterlik oopkrap?
is this the pain that you so poetical scratch open

my vriend ek raai jou aan tot stilte
my friend, I advise you to keep quiet

Ek hoop dat André of Lisa die regstellinge wil maak. Ek dink dis baie moeilik liedjie om te vertaal. Maar ek sal dit seker vertaal omdat dit so goed song is. Ek het baie geniet wanneer ek na Hanru se album geluister het. Lisa, het jy vir Hanru vertel dat daar buitelander is wat na hom liedjies luister en hulle probeer vertaal?
_________________
Aja hiljaa sillalla.
Ry stadig op die brug.
Drive slowly on the bridge.
Kör långsamt på bron.
Back to top
View user's profile Send private message
LoverOfPoetry
Novice
Novice

Joined: 06 Aug 2008
Posts: 3

PostPosted: Thu Aug 07, 2008 12:52 am    Post subject: Reply with quote

Hi Sandman,

I just heard this song on a local South African music channel (MK), and I was so enthralled that I just had to search for it online.  I'm so glad to have found the lyrics here, and with someone that want to translate (and thus analyse) it to boot.   To translate lyrics as rich in idioms and complex expressions as this song's is very ambitious, and you will certainly learn a lot from it.  I must say you are doing really well!  Ek dink vir iemand wie se eerste taal nie Afrikaans is nie en wat ook nie gereeld Afrikaans praat nie is jou taalvermoë besonder goed.  

Ek is glad nie 'n taalkenner nie, maar my eerste taal is Afrikaans en ek geniet gedigte baie, so laat ek ook nou maar my stuiwer in die armbeurs gooi en vir jou vertel hoe ek die lied sou vertaal.  
(Die Afrikaanse uitdrukking "'n stuiwer in die armbeurs gooi" beteken basies "To have your say - for what it's worth".  'n "Stuiwer" was 'n ou geldeenheid (halwe pennie) en ek vermoed die "armbeurs" is 'n houer waarin mense geld kon gooi vir die armes)

Lisa, as jy hierdie lees, sê asb vir jou man ek dink sy lirieke is betowerend.  Hy het sowaar 'n besondere talent!!  

Om terug te kom na die onderwerp:
Wat jy tot dusver vertaal het in hierdie laaste deel van die lied/gedig is baie na aan reg.  Ek gaan so hier en daar iets verander, en dan ook vir jou my opinie gee van wat ek dink die digter bedoel het.  Onthou, dit is maar my interpretasie van die gedig/lied.  Ek dink Lisa sal met meer autoriteit kan sê of ek op die regte pad is.

jy’s moers begeerlik as jy in die straat af stap
You're exceptionally desirable when you walk down the street
"Moer" is 'n Afrikaanse kragwoord (expletive) , so as iemand "moers begeerlik" is, beteken dit iets soos besonder begeerlik (met daardie ietsie ekstra wat net 'n kragwoord kan verleen)

jy is die draer van luukse woorde
You are the carrier of luxurious words
Vir my is "die draer" in hierdie geval meer as net 'n "carrier", maar ek sukkel om 'n Engelse woord te kry wat dit vir my reg kan vertolk.  Vir my voel dit amper asof hy soos 'n boodskapper is wat die weelde van poesie aan die res van die mensdom oordra.

misterieus boheems, met die wysheid van die hart
in pag, en die bewondering van vroue
Mysterious Bohemian, with the all the wisdom of the heart
that man can have, and the admiration of the ladies.
Hierdie twee lyne moet aaneen gelees word.  Die twee lyne vloei inmekaar en alleenstaande kry jy nie die volle betekenis nie
Die Afrikaanse uitdrukking "Al die wysheid in pag" is soos om al die wysheid in die wêreld te hê.  Soos "the wisdom of Solomon"  Hierdie is werklik 'n besonderse man!  Wysheid, misterie, die bewondering van vroue...

En die volgende vers:

maar, vanwaar die hartseer wat so om jou oë span
but, from where comes that sorrow which draws your eys
Die beste wat ek die "hartseer wat om sy oë span" kan verduidelik is met die Engelse uitdrukking "His face is drawn from the pain that he is experiencing"  So the poet thinks that the drawn look in his eyes is as a result of sorrow he has had to endure

is dit die bronwel van jou woorde?
is this the source of your words?
Is dit die pyn wat die man ervaar wat hierdie besonderse woorde soos 'n fontein uit hom laat opwel?  His luxurious, poetic words well up like a fountain, and the source of this fountain may be the pain/sorrow that this man is experiencing

is dit die seer wat jy so digterlik oopkrap?
is this the pain that you so poetically scratch open?

my vriend ek raai jou aan tot stilte
my friend, I advise you to keep quiet

In the earlier verses and when you delve further into the lyrics of this song you will find some clues as to why the poet advises the person to be quiet and not share his feelings.  He believes that the rest of the world will not see the value ofwhat this man has to say.  It's like casting pearls before swine, and there is the suggestion that he may even have to endure further sorrow as a result of them being able to forget him so easily.

And now I'm going to listen to this song again.  Thank goodness for PVR that allows you to rewind and watch again.  Tomorrow I have to go out and buy this CD!

Sandman, ek sien uit daarna om die volgende stuk se vertaling te sien.  Jy doen goed.  Dit is verseker 'n moeilike lied, en dit gaan jou baie goeie oefening gee

Groete

Ina

Back to top
View user's profile Send private message
Display posts from previous:   
Post new topic   Reply to topic    langcafe2.myfreeforum.org Forum Index -> Languages -> Afrikaans/Nederlands All times are GMT + 2 Hours
Page 1, 2  Next
Page 1 of 2

Jump to:  
You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot vote in polls in this forum

Card File  Gallery  Forum Archive
Powered by phpBB © 2001, 2005 phpBB Group
Create your own free forum | Buy a domain to use with your forum